1887

oa Litnet Akademies : 'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe - Versoening in aksie : enkele gedagtes oor die Brief aan Filemon en ons nadenke oor versoening : godsdienswetenskappe

Volume 12, Issue 1
  • ISSN : 1995-5928

 

Abstract

In hierdie artikel word die volgende vraag aan die orde gestel: Kan Christelike brondokumente 'n sinvolle bydrae tot die soeke na versoening in Suid-Afrika lewer? Die artikel betoog dat dit wel die geval is, maar dat dit slegs moontlik is as belangrike voorwaardes nagekom word. As fokuspunt vir hierdie besinning word Paulus se Brief aan Filemon gebruik. Die werkswyse wat gevolg word, is om hierdie brief te vergelyk met 'n brief wat Plinius die Jongere aan Sabinianus oor sy vryman geskryf het. Die onderliggende hipotese is dat daar, in terme van die saak van versoening, 'n vergelykbare retoriese situasie tussen hierdie twee briewe is en dat hulle dus met mekaar vergelyk kan word om vas te stel watter verskil Christelike waardes kan maak as dit by versoening kom. Die vergelyking tussen die twee briewe bring aan die lig dat daar opvallende verskille is - veral die feit dat die nuwe geestelike verwantskap wat tussen mense (ook eienaars en slawe) tot stand kom op grond van hulle deelhê aan Christus, so 'n belangrike rol in Paulus se brief speel, terwyl Plinius die Jongere maar doodgewoon die bestaande gesagstrukture in sy brief sanksioneer. Daaruit kan 'n mens die afleiding maak dat die Christendom 'n perspektief op die transendente na versoeningsgesprekke bring wat verrykende én verreikende implikasies inhou. In die res van die artikel word aangevoer dat daar egter belangrike voorwaardes is waaraan daar voldoen moet word alvorens die Christelike brondokumente wel so 'n positiewe rol binne die soeke na versoening kan speel, soos die van die Filemonbrief op 'n pragtige manier illustreer. Die twee voorwaardes is, eerstens, dat 'n mens bereid moet wees om krities na jou eie verstaan en gebruik van die Christelike brondokumente te kyk; en, tweedens, dat 'n mens 'n openheid vir nuwere hermeneutiese insigte moet hê. Eersgenoemde word geïllustreer deur voorbeelde te gee van die interpretasie van die Filemonbrief in die era van die Kerkvaders, asook van gebeure in die 19de eeu, toe die Filemonbrief 'n belangrike rol gespeel het in die kerklike gesprekke oor die moontlike vrystelling van slawe al dan nie. Laasgenoemde word geïllustreer deur voorbeelde van die postkoloniale en feministiese uitleg van die brief te gee.


In this article the following issue is addressed: Can Biblical documents make a valid contribution to attempts to achieve reconciliation in South Africa? It is argued that this can indeed be the case, but that it will be possible only if certain important conditions are met. This argument is developed in two steps: In the first step Paul's attempt to reconcile Philemon and his slave in the Letter to Philemon is compared with the attempt of Pliny the Younger to reconcile Sabinianus and his freed man in Pliny's letter to Sabinianus. In order to do so, the background of Paul's Letter to Philemon is first discussed and then it is pointed out that the most important notion on which Paul's attempts at reconciliation in this letter is based is the notion of "fictive kinship", according to which one's membership of the Christian spiritual family has important implications for one's daily life. In this particular instance it implied that Philemon had to receive Onesimus as "more than a slave, as a beloved brother" (v. 16). This is then followed by a discussion of the Letter of Pliny the Younger to Sabinianus. The letter is translated into Afrikaans and some major rhetorical strategies in the letter are highlighted. It is argued that the most important difference between Pliny's letter and Paul's is the absence of any notion of fictive kinship in Pliny's letter. All that Pliny tries to do, is to re-establish the socio-economic relationship between Sabinianus and his freed man, and in such a way that the existing hierarchical relationship remains intact. From the comparison of the rhetorical strategies in the two letters it is then deduced that Paul's letter to Philemon reveals that Christianity has a particular view of transcendence and the implications it has for social relationships that may be utilised in a fruitful way in attempts at reconciliation in South Africa.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/litnet/12/1/EJC172664
2015-04-01
2016-12-09

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error