1887

oa Litnet Akademies : 'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe - Gedeeltelike beskrywing van bakterieë in die SVK van , met die fokus op potensiële probiotika : natuurwetenskappe

Volume 12, Issue 2
  • ISSN : 1995-5928

 

Abstract

Perlemoenboerdery is een van Suid-Afrika se belangrikste akwakultuurbedrywe. Van die grootste probleme in hierdie bedryf is die stadige groeitempo van die perlemoen en ekonomiese verliese as gevolg van siektes. Daar word derhalwe swaar gesteun op die gebruik van antibiotika vir die beheer en behandeling van bakteriële infeksies in akwakultuurspesies. As gevolg van die ontwikkeling van antibiotikaweerstandigheid in bakterieë en die betreklik maklike verspreiding daarvan in akwatiese omgewings, word die gebruik van antibiotika bevraagteken. 'n Alternatief vir die gebruik van antibiotika is probiotika, 'n lewende mikrobiese aanvulling wat 'n positiewe effek op die gasheer het, en wat die mikrobiese gemeenskappe wat met die gasheer en die onmiddellike omgewing geassosieer word, verander. Die doel van hierdie studie was die isolering en identifisering van bakterieë in die spysverteringsverteringskanaal (SVK) van Suid-Afrikaanse perlemoen, . Die isolate is oorweeg as 'n potensiële probiotikum gebaseer op bestaande literatuur.


Perlemoen is vanaf Abagold-perlemoenplaas (Hermanus, Suid-Afrika) verkry. Die SVK van elke perlemoen is asepties verwyder, fyn gemaal en op drie verskillende groeimedia uitgeplaat. Die plate is vir 3-7 dae by 20°C geïnkubeer. Verteenwoordigende suiwer isolate is op grond van hul morfologiese eienskappe, Gramkleuring, oksidase- en katalasetoetse vir DNS-isolasie gekies. Die 16S ribosomale RNS-gedeelte van die geselekteerde isolate is deur 'n polimerasiekettingreaksie (PKR) vermeerder en hierdie produkte is verder gesny deur van die ensiem RsaI gebruik te maak. Isolate is volgens die beperkingsensiemprofiele wat verkry is, gegroepeer, en verteenwoordigers van elke groep is met behulp van DNS-volgordebepaling vir identifikasie gekies. Spesies van vyf verskillende genera is geïdentifiseer. Hierdie genera sluit in Grampositiewe spesies van die niebeweeglike, staafvormige kokkusvormige . Gramnegatiewe isolate wat geïsoleer is, sluit spesies van die staafvormige -genus in, wat algemeen in akwatiese omgewings gevind word, asook die naverwante -spesies wat bekend is vir die produksie van die antioksidant astasantien is ook geïsoleer. Laasgenoemde isolaat toon potensiaal om gebruik te kan word as 'n moontlike probiotikum as gevolg van die astasantienproduksie.


The ocean's fish resources are declining mainly because of irresponsible exploitation. Fish is a vital source of protein for humans, and growing world populations are threatening the sustainability of commercial fisheries. This has led to the rapid growth of aquaculture worldwide. In South Africa, aquaculture of both fresh and marine species is expanding and is now practised in all nine provinces of the country.
One of the major problems in aquaculture is financial loss as a result of disease. Viruses, bacteria, fungi and parasites are known to infect fish, with bacteria causing the majority of diseases. One of the largest groups of disease-causing bacteria in aquaculture comes from the family Vibrionaceae. The genus includes more than 30 species and many are pathogenic. Major abalone pathogens from this genus include and . Disease outbreaks usually occur during the summer abalone spawning period, when there is a sharp increase in water temperature. During this period the energy reserves of the abalone are limited and their immune systems are relatively suppressed. Other stress-related factors, such as handling or poor water quality, may also contribute to disease outbreaks.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/litnet/12/2/EJC179617
2015-08-01
2016-12-10

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error