1887

oa Litnet Akademies : 'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe - 'n Kritiese ondersoek na die funksie van biomusikologiese gegewens in Wilken Calitz se : geesteswetenskappe

Volume 12, Issue 2
  • ISSN : 1995-5928

 

Abstract

Wilken Calitz se toneelstuk speel af in die jaar 2092. In die toekomstige Suid-Afrika is die Nuwe Suid-Afrikaanse Inligting Party aan bewind. Hulle stel Die Verbod op Produsering van Klank in 2052 in waarvolgens musikante óf tereggestel word óf die Selibaat Klousule onderteken, waardeur hulle beloof dat hulle nooit weer musiek sal maak nie. Teen 2092 is daar slegs een musikant oor: Hernon Abel Freytag.


is oor die algemeen goed ontvang. In resensies word dit beskou as 'n waarskuwing oor die moontlike onderdrukking van die kunste in postapartheid Suid-Afrika. Sensuur is 'n algemene tema in distopiese literatuur, en Calitz se stuk sluit by dié tradisie aan.
Opvallend van is die talle verwysings na die biologiese evolusie van musiek, 'n gegewe wat dissiplinêr ondersoek kan word binne die raamwerk van biomusikologie. In hierdie artikel maak ek gebruik van die biomusikoloog Brown (2003) se mening dat musiek by die mens ontwikkel het met die doel om samewerking in 'n groep te bewerkstellig. In distopiese bloudrukke word hierdie dinamiese groeperende funksie van musiek dikwels ingespan om die inwoners van 'n onderdrukkende samelewing te beheer. Terselfdertyd kan die sosiale komponent van musiek ook gebruik word om verset téén onderdrukkers in 'n distopiese bestel aan te moedig. In hierdie artikel bepaal ek hoe musiek en woorde oor musiek as wapen van verset in Calitz se toneelstuk funksioneer. Ek stel verder krities ondersoek in na hoe Calitz die idee van musiek as 'n inherente genetiese eienskap van die mens, asook die onderdrukking van hierdie inherente menslike eienskap in 'n samelewing, hanteer.
Laastens ondersoek ek die moontlike betekenis van binne die konteks van kulturele angs en ontnugtering in postapartheid Suid-Afrika, veral soos wat dit deur die Afrikaner ervaar word.


Wilken Calitz's play is set in a dystopian South Africa in 2092. In the South Africa of the future depicted in the play the New South African Information Party (NSAIP) under the leadership of the dictator Isodore is in control of the country. The NSAIP had imposed the Ban on the Production of Sound in 2052. Under the ban, musicians had to sign the Celibate Clause promising that they would never make music again. Musicians who refused to sign the clause were executed. By 2092 there is only one musician left: Hernon Abel Freytag.
In my analysis of the play I use the unpublished script as well as a document handed out to the audience. This document is entitled "An Ode to Music" and is presented as a manifesto written by Hernon Freytag. In the play and manifesto numerous references are made to the biological evolution of music. The biological evolution of music is investigated in the disciplinary field of biomusicology, a relatively new field within musicology.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/litnet/12/2/EJC179633
2015-08-01
2016-12-10

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error