1887

oa Litnet Akademies : 'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe - "Moenie my 'jy' en 'jou' nie" - die gebruik van in die 21ste eeu. Resultate van 'n loodsondersoek : geesteswetenskappe

Volume 12, Issue 3
  • ISSN : 1995-5928

 

Abstract

Oor aanspreekvorme (voortaan AV'e) in Afrikaans is die volgende navorsing al gedoen: Brown en Gilman (1960) skets die asimmetriese magsituasie tussen blankes, kleurlinge en swart mense waar veral die V-vorm (vir Afrikaans is dit die respekvorm, naamlik ) nie ter sprake kom nie. Scholtz (1963:65) merk (sonder enige empiriese gegewens) op dat die gebruik van "buite die kringe van 'geleerdes' en 'verstedeliktes'" iets vreemds in Afrikaans is. Odendal (1976) lewer verslag van 'n kleinskaalse ondersoek onder universiteitstudente. Hy noem dat waarskynlik besig is om veld te wen in formele situasies en dat nooit gebruik is deur die sogenaamde "sosiaal mindere lae" nie. Wybenga (1981) bestudeer Afrikaanse AV'e van wit Afrikaanssprekendes in Vanderbijlpark en Kotzé (1983) gee 'n gedetailleerde beskrywing van AV'e in die Maleierafrikaans van die 1980's. In 'n 1987-artikel gee Combrink 'n oorsig oor die gebruik van die direkte AV, of vokatief in Afrikaans. Swanepoel (1989) is 'n teksgebaseerde diachroniese ondersoek na interetniese aanspreeken verwysingsvorme in Afrikaans.


Grootskaalse empiriese ondersoek na die sogenaamde indirekte AV - dit is die voornaamwoorde , die herhalingsvorm (waar die direkte AV herhaal word) of die vermydingsvorm (waar AV'e nie gebruik word nie) - ontbreek egter in Afrikaans. In hierdie artikel lewer ons verslag van 'n kwantitatiewe loodsstudie na die gebruik van . Hierdie loodsstudie maak deel uit van 'n omvattende NNS-projek na die hele Afrikaanse aanspreekstelsel. Die resultate van 'n elektroniese vraelys waarin respondente verslag doen van hulle eie gebruik van sal voorgehou word en opvolgende fases van die projek sal kortliks aangedui word.
Binne die beperkings rakende die omvang van hierdie artikel wou ons breë tendense aantoon. Fynere onderskeidings rakende sosiolinguistiese en pragmatiese faktore moet verkieslik deur middel van kwalitatiewe data wat deur addisionele metodes verkry word, aangedui word.


In this article, the current usage of Afrikaans forms of address is discussed by focusing on the results of a quantitative study regarding the use of the formal pronoun .
Due to the fact that a large-scale empirical investigation about the so-called "second form of address", i.e. about the pronouns and , the R form (where the first form of address is repeated) or the zero form (), has to date not been undertaken in Afrikaans, we embarked on a pilot project which forms part of a larger extensive study about Afrikaans forms of address. The data for this article was obtained by using an electronic questionnaire. Since most questions were closed questions, our report is quantitative in nature.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/litnet/12/3/EJC182670
2015-12-01
2016-12-10

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error