1887

oa Litnet Akademies : 'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe - Die eis om onregmatige lewe : bestaanbaar in die deliktereg of word die gemenereg buite sy perke gestrek? : regte

Volume 13, Issue 1
  • ISSN : 1995-5928

 

Abstract

Alhoewel onregmatige-geboorte-eise reeds in Suid-Afrika erken word, word onregmatigelewe-eise tot op datum nie toegestaan nie. Die konstitusionele hof het egter in 2015 2 SA 193 (KH) 'n nuutgevonde positiwiteit jeens hierdie eise uitgespreek. Dit lyk of dié hof op distributiewe geregtigheid steun om talle tradisionele struikelblokke teen erkenning van die eis te oorkom.


Die kernvraag is of onregmatige-lewe-eise bestaanbaar in die deliktereg is. Die konstitusionele hof se uitspraak ondersteun die samelewing se toenemende erkenning van die beginsel van die kwaliteit van lewe eerder as die beginsel van die inherente waardigheid van lewe. Die onlangse erkenning van 'n geassisteerde-genadedood-eis bied 'n voorbeeld hiervan.
Alhoewel die konstitusionele hof die saak in eksepsie beslis het, is dit duidelik dat die hof, deur te steun op artikel 28 van die Grondwet, die konsep van die beste belange van die kind as basis vir die uitspraak gebruik en sodoende die deliktuele elemente van veral skade en onregmatigheid aansienlik uitbrei.
Hierdie artikel kritiseer egter bogenoemde benadering. Die "beste belang van die kind" is 'n inherent vloeibare konsep wat maklik misbruik kan word om 'n uitkoms te regverdig. Dit lyk ook of die hof te nougeset fokus op die spesifieke feite wat voor die hof dien, sonder om die implikasies van die erkenning van 'n onregmatige lewe-eis deeglik te oorweeg. Die gevaar is dat die deliktuele elemente van veral skade en onregmatigheid buite hul perke gestrek word.
Sodoende word daar 'n presedent geskep, maar sonder die nodige riglyne om dit in toekomstige gevalle te kan toepas. Die vrae wat onregmatige-lewe-eise van die hof vra, is oorweldigend in die aangesig van die min alternatiewe oplossings beskikbaar. Daar word aan die hand gedoen dat onregmatigegeboorte-eise, wat reeds in Suid-Afrika erken word, 'n beter balans as onregmatige-leweeise tussen teenstrydige belange handhaaf en daarom 'n beter oplossing as laasgenoemde kan bied.


Wrongful life claims pose difficult ethical, moral and social questions. The law, and especially the law of delict, cannot shy away from these questions. While the law of delict and specifically the element of unlawfulness have to reflect the legal convictions of the community, at the same time one has to be mindful of the role it plays in preventing limitless liability. In this context, wrongful life and wrongful birth are juxtaposed, based on the recent judgment of the constitutional court in 2015 2 SA 193 (CC). Even though this case was decided on exception, the court reflects a positive attitude towards wrongful life claims, which in itself is a first in South Africa. To date, the delictual elements of harm and wrongfulness provided a guard against the successful instigation of wrongful life claims. This article questions the constitutional court's approach and investigates the consequences that allowance of these claims would entail for the law of delict specifically, but also for the broader society.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/litnet/13/1/EJC189418
2016-01-01
2016-12-10

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error