1887

oa Litnet Akademies : 'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe - Groeperings in nominale relatiewe konstruksies in die Griekse Nuwe Testament : godsdienswetenskappe

Volume 13, Issue 1
  • ISSN : 1995-5928

 

Abstract

In nominale relatiewe konstruksies in die Griekse Nuwe Testament met 'n overte (d.w.s. foneties-gerealiseerde) antesedent bestaan daar 'n verband tussen die antesedente en die tipe relatiewe bysin (beperkend of bystellend) wat daarmee saam groepeer. Groeperings kom ook voor waar 'n relatiewe bysin, ná 'n overte antesedent, deur 'n asindetiese relatiewe bysin gevolg word. In die Griekse vakliteratuur bestaan daar egter weinig inligting oor dié groeperings.


Dit het egter uit die navorsing geblyk dat Lehmann (1984), wat steeds die standaardwerk oor relatiewe konstruksies in 'n groot verskeidenheid tale is en wyd in onlangse publikasies aangehaal word, 'n aantal belangrike insigte na vore bring wat moontlik op bogenoemde groeperings lig kan werp. Dit het ook geblyk dat die beskrywing van soortgelyke verskynsels in sommige moderne tale 'n bydrae in dié verband kan lewer.
Die doel van die navorsing wat hierdie artikel onderlê, was om hierdie insigte sistematies op nominale relatiewe konstruksies in die Griekse Nuwe Testament toe te pas en die bruikbaarheid daarvan vir die verstaan en beskrywing van bogenoemde groeperings vas te stel. Die fokus van die navorsing was op nominale relatiewe konstruksies met 'n overte antesedent, en het nie nominale relatiewe konstruksies sonder antesedent (die sogenaamde vrye relatiewe) ingesluit nie.
Die resultate van die navorsing het getoon dat die groepering van antesedente en relatiewe bysinne in Nuwe-Testamentiese Grieks, soos in talle moderne tale, verband hou met die tipe bepaling van die hoofnominaal van die antesedent, dit is, of dit definitief, generies of spesifiek bepaal is. 'n Hoofnominaal wat definitief of generies bepaal word, byvoorbeeld deur die gebruik (of afwesigheid) van die lidwoord, groepeer tipies saam met 'n bystellende relatiewe bysin, terwyl 'n nie-definitiewe en nie-generiese (maar opsioneel spesifieke) hoofnominaal met 'n beperkende relatiewe bysin groepeer. Hierdie beginsel geld in relatiewe konstruksies met ingebedde sowel as aangehegte relatiewe bysinne. Kwantifiseerders, wat gewoonlik saam met lidwoorde (en soms ook demonstratiewe voornaamwoorde, adjektiewe, ens.) in die antesedent voorkom, het ook 'n invloed op die tipe relatiewe bysin wat tipies by 'n hoofnominaal groepeer, asook eiename en persoonlike voornaamwoorde, in gevalle waar hulle die hoofnominaal van die antesedent is.
Daar is ook in die Griekse Nuwe Testament moontlike voorbeelde van groeperings (tegnies: opstapelings) van sowel beperkende as bystellende relatiewe bysinne ná dieselfde antesedent. Die anaforiese verbande tussen sodanige opgestapelde relatiewe bysinne en skeie moderne tale, asook die volgorde van beperkende en bystellende relatiewe bysinne, in gevalle waar hulle saam opstapel.


Most relative constructions in the Greek New Testament consist of an overt nominal antecedent and a postnominal relative clause. Syntactically, relative constructions of this type are determiner-phrases, with the antecedent consisting typically of a head-noun, together with a combination of other elements, for example, articles, quantifiers, adjectives and prepositional phrases. The antecedent is followed directly by a restrictive or appositive relative clause which is embedded in the determiner-phrase.
Within such nominal relative constructions, there appears to be a relationship between the head nominal of the antecedent and the type of relative clause (restrictive or appositive) that typically groups together with it. There are possibly also examples of a related phenomenon in nominal relative constructions where more than one relative clause group together (technically, stack) after the same antecedent.
A scrutiny of the literature on the Greek New Testament indicated that there existed no in-depth discussion of these phenomena, except for some remarks in Du Toit (1984:188-99; 2014:23-5) and occasional references in New Testament grammars to passages where a high percentage of relative clauses occur, for example, 1 Cor. 15:1-2 and Rom. 9:4ff. (Robertson 1919:954).
However, research indicated that Lehmann (1984), which is still the standard publication on relative constructions in a variety of languages and widely quoted in recent publications, contains a number of important insights that could shed light on the above phenomena. In addition, some publications on modern languages offer useful information in this respect.
The objective of the research that underlay this paper was to apply these insights and information systematically to nominal relative constructions in the Greek New Testament and ascertain their usefulness in understanding and describing the above phenomena. The research focused only on nominal relative constructions with overt antecedents. Nominal relative construction without antecedents (often referred to as free relatives) did not form part of the research.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/litnet/13/1/EJC189427
2016-01-01
2016-12-10

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error