1887

oa Litnet Akademies : 'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe - (On-)Verantwoordelike rolprentvervaardiging : die voorstelling van plaasmoorde in Darrell Roodt se (2015) : geesteswetenskappe

Volume 13, Issue 1
  • ISSN : 1995-5928

 

Abstract

Verlede jaar het Darrell Roodt se (2015) hewige reaksie ontlok, veral onder resensente wat die film se sentimentaliteit en melodrama kritiseer. vertolk plaasmoorde deur middel van die spanningsrillergenre, wat skouspelagtige voorstellings, 'n klassieke Hollywoodstruktuur en problematiese karakters insluit. Dit lei daartoe dat die film nie net vermaak skep uit iets afgryslik nie, maar ook aanbied om plaasmoorde namens die gehoor te vertolk. Hoe behoort filmvervaardigers 'n onderwerp te benader wat in die werklikheid soveel pyn en lyding vir die ware slagoffers daarvan veroorsaak het? Die Oostenrykse filmregisseur Michael Haneke glo dat filmvervaardigers versigtig moet wees om vermaak te skep uit werklike gruwels en dat hulle 'n verantwoordelikheid het om te verseker dat die gehoor vry en onafhanklik van enige manipulasie staan. Dwing die vervaardigers hulle eie mening op die kyker af of bied hulle die kyker die geleentheid om 'n onafhanklike mening te vorm? Haneke staaf sy siening met verwysing na Alain Resnais se (1955), 'n film oor die Joodse volksmoord, as die kernvoorbeeld van 'n film wat dit regkry om 'n komplekse en gruwelike onderwerp eties en verantwoordelik uit te beeld sonder om vermaak te skep of antwoorde te bied. Wanneer dit by verantwoordelikheid kom, meen Judith Butler dat net 'n posisie van gekwestheid die begrip van verantwoordelikheid kan oordra. Dit is die filmvervaardiger se plig om te verseker dat die gehoor se verwagting van 'n slotsom, verduideliking en oplossing, gekwes of teleurgestel moet word ten einde 'n film te konstrueer wat ondeursigtig is, empatie en besinning kweek en gevolglik die gehoor in staat stel om deel te neem aan die betekenisskeppingproses van die film en die sosiale kwessie wat dit aanspreek.


This article addresses the representation of farm murders in (Land of sorrow) (2015) by mapping the ways in which the suspense/thriller genre, spectacular representations, classical Hollywood narrative and the casting of Steve Hofmeyr guide and manipulate the audience into a one-sided and oversimplified view of farm murders, depriving the viewer of participation and replacing the intended silence and reflection with a resounding full stop. In the second part of the essay I propose a model for responsible filmmaking, informed by Judith Butler's work on responsibility, to theorise an approach to filmmaking that not only respects the real-life victims of farm attacks, but also allows the audience to respond to the film's subject matter and participate in the meaning-making process.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/litnet/13/1/EJC189433
2016-01-01
2016-12-10

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error