1887

oa Litnet Akademies : 'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe - Die ANC/SAKP en die USSR deel 1 : wêreldbeskouings

Volume 5, Issue 2
  • ISSN : 1995-5928

 

Abstract

Die geykte siening van die bondgenootskap tussen die ANC/SAKP en die Sowjetunie is dat dit 'n geleentheidshuwelik was, sonder ideologiese affiniteit. In haar biografie van Oliver Tambo skryf die Marxistiese historikus Luli Callinicos byvoorbeeld dat Tambo altyd sy onafhanklikheid teenoor die Sowjetunie bewaar het. Haar bewysmateriaal kom egter slegs neer op 'n uitspraak van pres. Julius Nyerere van Tanzanië. Ook die skrywer Nadine Gordimer en Nelson Mandela se biograaf, Anthony Sampson, skryf : ""To compare the black South African Communists with the Moscow apparatchiks has always been misleading."" Max du Preez meen dat die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party ""nie sommer so gelyk gestel kan word aan die verfoeilikhede van Stalin of die vergrype van opeenvolgende Moskou-regimes nie"". En as 'n mens Wladimir Sjoebin kan glo, het die USSR die ANC/SAKP uit suiwer idealistiese en altruïstiese motiewe gesteun, bloot omdat die land sulke fantastiese mense gehad het.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/litnet/5/2/AJA19955928_15
2008-10-01
2016-12-10

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error