1887

oa Litnet Akademies : 'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe - Generiese merkers in die kortverhaalsiklus : deel 2 : 'n toepassing op van Willemien Brümmer

Volume 8, Issue 2
  • ISSN : 1995-5928

 

Abstract

Hierdie artikel vorm die tweede deel van 'n studie oor die kortverhaalsiklus in Afrikaans, met spesifieke verwysing na (2008) van Willemien Brümmer. In die eerste deel van hierdie studie ("Generiese merkers in die kortverhaalsiklus: Deel 1: Teoretiese uitgangspunte") is aandag gegee aan die onderskeid tussen eenheidsbundels en kortverhaalsiklusse en is daar uitgebrei op die beskouings van Ingram (1971), Mann (1989), Dunn en Morris (1995), Lundén (1999) en Nagel (2004). In hierdie artikel word drie van die koherensiemerkers wat volgens Dunn en Morris (1995) as skakels tussen tekste in 'n kortverhaalsiklus kan funksioneer, naamlik die enkele protagonis, ruimte en tekstuele patrone, as vertrekpunt gebruik om te bepaal wat die effek van die spanning tussen die outonome kortverhale en die groter siklus in Die dag toe ek my hare losgemaak het is. Die assosiatiewe verbande tussen die verhale skep "dynamic patterns of recurrence and development" (Ingram 1971:20) waardeur spesifieke temas ontwikkel. Sentraal is die ontwikkelingsproses van 'n enkele protagonis, 'n verhaalgegewe wat meestal met die romanvorm geassosieer word. Deur tydspronge, ingeperkte vertelde tyd en eenlynigheid van handeling word 'n effek verkry wat soortgelyk is aan die kenmerkende organisasie van die kortverhaal in die hantering van 'n narratiewe struktuur en inligtingsvolumes wat met die roman geassosieer word. Daar word aangevoer dat Die dag toe ek my hare losgemaak het dus nie bloot as 'n afgewaterde vorm van die roman of as 'n sterk eenheidsbundel beskou kan word nie, maar as 'n tekstuele gegewe wat tot 'n afsonderlike genre behoort. Gesamentlik poog hierdie twee artikels om 'n bydrae te lewer tot "'n beskrywing van en terminologie vir die genre in Afrikaans" (Snyman 2011) deur eerstens 'n kritiese oorsig van internasionale beskouings oor die kortverhaalsiklus-genre te bied en tweedens 'n toepassing daarvan aan die hand van 'n Afrikaanse voorbeeld te onderneem.


This article forms the second part of a two-part study of the short story cycle in Afrikaans with the main purpose being to investigate autonomy and coherence as generic markers in by Willemien Brümmer. In the previous article ("Generic markers in the short story cycle: Part 1: Theoretical foundations"), some issues pertaining to the short story cycle were discussed. First, it was shown that the Afrikaans term (unified volume of short stories) is an umbrella term for three types of linked short story volumes that can be distinguished based on the level of tension between autonomy and coherence, namely the short story cycle, unified volume of short stories and short story sequence. Secondly, a number of theoretical issues pertaining to the short story cycle were discussed using Ingram (1971), Mann (1989), Dunn and Morris (1995), Kennedy (1995), Lundén (1999) and Nagel (2004). The different approaches (authorcentred, readercentred and textcentred) to the short story cycle were discussed. It was argued that a textcentred approach is the most functional for this textual form, as the most important characteristic of this genre is the tension between the autonomous shorter texts and the coherence of the volume. The generic possibilities of the short texts that create the larger whole were illuminated and it was shown that a combination of the views of Dunn and Morris (1995) and Mann (1989) offer a useful demarcation of the short texts comprising a cycle. Different descriptive terms for this genre were evaluated and it was found that the concept of a cycle offers a useful way of understanding the nature of autonomy and coherence in this genre. Based on the critical review, six conventions of the short story cycle were identified.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/litnet/8/2/EJC62298
2011-08-01
2016-12-11

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error