1887

oa Litnet Akademies : 'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe - Taalverskuiwing en taalhandhawing in die Afrikaanse gemeenskap : tendense en toekomsperspektiewe

Volume 8, Issue 3
  • ISSN : 1995-5928

 

Abstract

Navorsing deur Schlemmer (2010) toon aan dat taalverskuiwing na Engels in 'n redelik groot mate by bruin Afrikaanssprekendes en in 'n geringer mate by wit Afrikaanssprekendes plaasvind. Ook is daar 'n groot toename in taalvermenging onder veral wit Afrikaanssprekendes, wat moontlik 'n gevaarteken vir Afrikaans is. In hierdie artikel word die faktore en tendense beskryf wat gelei het tot funksie- en statusverlies vir Afrikaans. Ook faktore wat taalverskuiwing bevorder en die verswakking van kragte wat taalverskuiwing kan teëwerk, word onder die loep geneem. Tendense en faktore wat destruktief is vir die voortbestaan van die taal, is globalisering, die staat se transformasiemaatreëls (soos regstellende aksie en verteenwoordigendheid), die owerheid se onverskillige houding teenoor inheemse tale, die disintegrasie van Afrikaner-nasionalisme, die negatiewe gevolge van 'n onverwerkte verlede en demografiese marginalisering. Daar is egter ook konstruktiewe faktore en tendense wat waarskynlik verhoed dat taalverskuiwing groter afmetings aanneem. Dit is die lewenskragtigheid en aantrekkingskrag van die Afrikaanse kultuur, die gehalte van Afrikaanse skole, die ontluikende verwerking van die verlede deur Afrikaners en optredes van die burgerlike samelewing, wat 'n mate van aktivisme en skepping van selfhelpinstellings insluit. Ook is daar obstruktiewe tendense wat positief of negatief kan ontwikkel, soos pogings om taalvermenging teen te gaan, die ontwikkeling van nuwe tegnologie en pogings om betrekkinge tussen wit en bruin Afrikaanssprekendes te verbeter. Taalhandhawing is daarop gerig om positiewe tendense positief te hou en obstruktiewe tendense in 'n positiewe rigting te laat ontwikkel, sodat die destruktiewe tendense en faktore gestuit of selfs omgekeer kan word. Ten slotte word twee moontlikhede vir die toekoms geskets. Die een kom neer op 'n voortsetting van 'n passiewe houding teenoor destruktiewe tendense en prosesse en die ander op die aanvaarding van verantwoordelikheid vir die behoud van die taal, wat aktivisme en selfhelpinstellings insluit waar die houding van die owerheid dit noodsaak.


Research conducted by Schlemmer (2010) indicated that a significant language shift towards English is taking place among Afrikaans-speaking coloured people, and to a lesser extent among white Afrikaners. In terms of percentages, white Afrikaans-speaking adults increased from 57,1 percent in 1993 to 57,6 percent in 2008, while coloured Afrikaans speakers declined from 83,4 percent in 1993 to 77,3 percent in 2008.
The moderate growth in the number of whites using Afrikaans as their mother tongue conceals a worrying trend of language shift. Among coloured adults the percentage of Afrikaans speakers decreased markedly due to language shift. Yet previous studies indicated that the coloured Afrikaans-speaking demographic has enjoyed steady growth, especially outside the Cape Peninsula. This could indicate the emergence of regional polarisation, resulting in localised language shift toward English in the Cape Town metropolitan area.
Surveys also indicate the proliferation of English as an additional language. Whereas in 2003 only 30,1 percent of white Afrikaans households used English, its usage increased to 50,4 percent in 2008. The corresponding figures for coloured households indicate that English was an additional language in 36,9 percent of households in 2003, which grew to 45,4 percent in 2008. Coloured Afrikaans speakers have traditionally mixed their mother tongue with English, but (as the above figures demonstrate) in five years mixed language use among Afrikaans-speaking whites surpassed that of coloureds. The extent of language mixture varies: from a sporadic English word, up to whole sentences could be inserted. Schlemmer posits that Afrikaans speakers are returning to a situation similar to that of a century ago, when many Afrikaners utilised Dutch or English for the purposes of formal or technical communication (sometimes even in love letters). He suggests that this should serve as a warning sign regarding the Afrikaans language.
This article describes the factors and trends leading to the loss of status and function of the Afrikaans language; factors which promote language shift; and the weakening of forces that oppose language shift.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/litnet/8/3/EJC62316
2011-12-01
2016-12-10

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error