1887

oa Litnet Akademies : 'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe - Konstruering van die akademiese : 'n analitiese outo-etnografie van 25 jaar in die akademiese wêreld : geesteswetenskappe

Volume 9, Issue 3
  • ISSN : 1995-5928

 

Abstract

Navorsing oor die narratiewe van die persoonlike en professionele geskiedenisse van individuele akademici is besig om veld te wen namate navorsers toenemend gebruik maak van outo-etnografie, 'n onlangse toevoeging tot die kompendium van kwalitatiewe navorsingsmetodes om aspekte van die akademiese lewe in 'n veranderende hoëronderwyskultuur te ondersoek. In hierdie artikel word verslag gedoen oor die ontwikkeling van 'n akademiese habitus deur die loop van 'n lang akademiese loopbaan deur gebruik te maak van analitiese outo-etnografie as metode. Die oogmerk was om die self van die skrywer te koppel aan die spesifieke sosiale, historiese en kulturele kontekste van die universiteit deur gebruik te maak van 'n Bourdieuaanse verklaringsraamwerk met die sleutelbegrip en die geassosieerde begrippe en . Analitiese outo-etnografie bied 'n kreatiewe instrument om die self in die teks sigbaar en aktief te maak, en 'n analitiese instrument om sosiale prosesse aan die hand van 'n spesifieke teoretiese agenda te abstraheer en te verduidelik. Die verhaal is gekonstrueer volgens vier oorvleuelende skryffases: die aanvanklike of inleidende fase; die daaropvolgende fase; data-ontleding en -interpretasie; en verslagskrywing. Daar word aandag gegee aan die rol van geheue en geheuesteunmiddels om 'n akkurate verhaal te produseer, asook aan maatreëls wat getref is om met informante buite die self in wisselwerking te tree ten einde die geloofwaardigheid van die teks te versterk. Die bevindings word aangebied as 'n chronologiese narratief wat illustreer hoe akademiese habitus in verskillende sosiale kontekste gekonstrueer en herkonstrueer is namate die skrywer van posisie na posisie beweeg het binne die universiteit as veld. Van deurslaggewende belang vir die vorming van habitus was die akkumulasie van vorme van kulturele kapitaal en lidmaatskap van akademiese gemeenskappe waarin weerstand gebied kon word teen konvensionele habitus of waar habitus selfs teen sigself verdeeld geraak het in nuwe spelsituasies, soos die skrywer se termyn in universiteitsadministrasie. Akademiese habitus het ook stabiliteit gebied ten tye van persoonlike krisis en is aangepas om te voldoen aan die nuwe eise van die spel in 'n veranderende hoëronderwyskultuur gekenmerk deur herstel van sosiale onreg, performatiwiteit en bestuurdersheerskappy. Daar word tot die slotsom gekom dat analitiese outo-etnografie 'n bruikbare roete tot selfbegrip en sosiale begrip van die akademiese lewe bied.


Social, cultural and economic trends in higher education worldwide are increasingly putting pressure on the professoriate and the value of its historical role in academe. Extant themes in the higher education research literature focus primarily on grand narratives documenting megatrends in the transformation of universities. Local, small-scale and in-depth studies on the experiences of individual academics are less common. To address this gap, narratives of the personal and professional histories of individual academics are gaining ground as researchers turn to autoethnography, a recent addition to the compendium of qualitative research methods, to explore aspects of academic life in a changing higher education culture.
This article reports on the development of scholarly habitus over a lengthy academic career at a South African university, using analytic autoethnography as method. The aim was to link the author's self to the specific social, historical and cultural contexts of the university, using a Bourdieuan explanatory framework with the key concept of habitus and associated concepts of and . Through the Bourdieuan lens, habitus is understood as a set of lasting, acquired dispositions developed through membership of a social group, which function as principles that generate and organise practices. Habitus does not function only, or even primarily, at the level of explicit consciousness. Over time, internal structures become embodied within the individual and work in a deeper, practical and often pre-reflexive way. Scholarly habitus gives the academic his/her sense of place and that of others in the context of the lived environment, the university. Habitus thus predisposes academics to choose behaviour which appears to them to be most appropriate to the achievement of a desired outcome with regard to their prior experiences, available resources and the prevailing power relations.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/litnet/9/3/EJC129819
2012-12-01
2016-12-10

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error