- Home
- A-Z Publications
- In die Skriflig
- Previous Issues
- Volume 42, Issue 1, 2008
In die Skriflig - Volume 42, Issue 1, April 2008
Volumes & Issues
-
Volume 53 (2018 - 2019)
-
Volume 52 (2018)
-
Volume 51 (2017)
-
Volume 50 (2016)
-
Volume 49 (2015)
-
Volume 48 (2014)
-
Volume 47 (2013)
-
Volume 46 (2012)
-
Volume 45 (2011)
-
Volume 44 (2010)
-
Supplement 3
-
Supplement 3
-
Volume 43 (2009)
-
Volume 42 (2008)
-
Volume 41 (2007)
-
Volume 40 (2006)
-
Volume 39 (2005)
-
Volume 38 (2004)
-
Volume 37 (2003)
-
Volume 36 (2002)
-
Volume 35 (2001)
Volume 42, Issue 1, April 2008
-
Redaksioneel
Author J.M. VorsterSource: In die Skriflig 42, pp XI –XII (2008)More LessOns is weereens bevoorreg om nog 'n uitgawe van In die Skriflig aan ons lesers aan te bied. In hierdie uitgawe gee die bekende Potchefstroomse filosoof, B.J. van der Walt perspektiewe oor 'n Christelike samelewingsbeskouing. Hierdie tema is vir die gereformeerde teologie van die uiterste belang, veral in die huidige tydsgewrig in Suid-Afrika waarin die godsdiens enersyds so maklik vergeestelik en andersyds so maklik veramptelik word.
-
Onderweg na 'n Christelike samelewings-beskouing : Bybelse grondslae en historiese ontwikkeling : navorsingsartikel
Author B.J. Van der WaltSource: In die Skriflig 42, pp 1 –23 (2008)More LessTowards a Christian perspective on social life : Biblical foundations and historical development
This article is structured in the following way : The introduction asks the practical question why Christianity has such a small impact on contemporary society. This topical question is partly answered by indicating that most Christians lack a worldviewish framework or social philosophy to inspire them to get involved outside their churches and do so correctly. In the second section a brief explanation of the possible solutions to this problem indicates that the reformational social philosophy may offer some help. Christian theology and Christian philosophy should mutually assist each other in this important endeavour to shape a Christian worldview, including a perspective on social life. The third section indicates how such a philosophy for social life can be firmly based on God's Word. In light of the fact that this social philosphy is not well-known, the last part of the article provides a brief historical survey of how this kind of societal philosophy originated and developed over the course of more than a century.Hierdie artikel is soos volg saamgestel : Die inleiding stel die praktiese vraag waarom Christene so min invloed op die huidige samelewing uitoefen. 'n Gedeeltelike antwoord op hierdie aktuele vraag is dat weinig Christene oor 'n denkraamwerk of samelewingsbeskouing beskik wat hulle kan inspireer om betrokke te raak en dit op die regte manier te doen. In die tweede afdeling blyk uit 'n vlugtige verkenning van die moontlike oplossings vir hierdie leemte, dat 'n reformatoriese samelewings-filosofie van hulp kan wees. Die Christelike teologie en Christelike filosofie behoort in die uitbou van hierdie belangrike saak van 'n Christelike lewensvisie en perspektief op die samelewing mekaar wedersyds te ondersteun. Die bedoeling met die derde afdeling is om aan te toon dat so 'n samelewingsvisie stewig in God se Woord begrond kan word. Die laaste gedeelte bied in die lig van die onbekendheid van hierdie samelewingsbeskouing by baie mense 'n kort historiese oorsig oor die ontstaan en ontwikkeling daarvan oor 'n tydperk van meer as 'n eeu.
-
'n Teologies-etiese beoordeling van werkloosheid : navorsingsartikel
Author E.J. De BeerSource: In die Skriflig 42, pp 25 –50 (2008)More LessA theological-ethical judgment of unemployment
One of the biggest labour problems in South Africa is unemployment. In this article unemployment is studied in the light of Biblical utterances on labour. The aim of this study is to give guidance from the Bible to role players on how their disposition should be concerning unemployment. In the article the extent of unemployment is investigated. This is followed by probing into different factors influencing unemployment since 1994. After that Biblical principles relevant to the topic are outlined. Finally unemployment in South Africa is judged according to Biblical principles. In the assessment guidance is given as to what the disposition of different role players should be concerning unemployment.Werkloosheid is een van die grootste probleme wat tans op die Suid-Afrikaanse arbeidstoneel ondervind word. In hierdie artikel word dié probleem in die lig van Bybelse uitsprake oor arbeid ondersoek. Die doel van die studie is om aan rolspelers vanuit die Bybel leiding te gee oor hoe hulle ingesteldheid teenoor die werkloosheidsprobleem behoort te wees. In die artikel word die omvang van werkloosheid in Suid-Afrika ondersoek. Daarna kom die faktore wat werkloosheid sedert 1994 beïnvloed het, onder die soeklig. Dit word gevolg deur 'n bestudering van tersaaklike Bybelse uitsprake oor arbeid. Ten slotte word die Suid-Afrikaanse werkloosheidsprobleem beoordeel in die lig van die Bybelse uitsprake oor arbeid. In die beoordeling word ook leiding gegee oor hoe verskillende rolspelers op die arbeidsterrein se ingesteldheid teenoor werkloosheid behoort te wees.
-
Reëling van die Gereformeerde predikant se diens - 'n arbeidsregtelike of 'n interne kerklike aangeleentheid? : navorsingsartikel
Authors: J. Smit and A. le R. Du PlooySource: In die Skriflig 42, pp 51 –74 (2008)More LessRegulation of a Reformed minister's office - a labour law or internal church matter?
In this article it is argued that Labour Law is not applicable on the relationship between a minister and a church council to the Reformed Churches in South Africa. The main focus of the argument is that Labour Law does not have the purpose to regulate a relationship based on an exegetic-dogmatically founded foundation. It is also argued that a minister in the Reformed Churches in South Africa cannot be considered an employee of the church council because of the calling he received from the Lord. The calling of a minister is the main indication that he is not an employee of the church council, but a servant of the Lord. Therefore it is also stated that the Church Order does not regulate the minister's office on a contractual basis, but that the Church Order regulates the calling of a minister. Labour Law intents to regulate the labour aspect of a person's life while the Church Order applies to a minister's whole life.In hierdie artikel word aangedui dat die Arbeidsreg nie op die verbintenis tussen 'n predikant en 'n kerkraad in die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika toegepas behoort te word nie. Daar word geargumenteer dat die Arbeidsreg nie ten doel het om 'n eksegeties-dogmaties bepaalde verhouding, soos dié tussen die kerkraad en predikant te reël nie. Verder word daarop gewys dat 'n predikant van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika nie as 'n werknemer van die kerkraad beoordeel kan word nie, aangesien 'n predikant 'n geroepe dienskneg van Christus is. Die roeping van 'n predikant is 'n belangrike aanduiding dat 'n predikant nie 'n werknemer van 'n kerkraad is nie, maar in diens van die Here staan. Daar word eweneens aangedui dat die Kerkorde nie die predikantsdiens op 'n kontraktuele basis reël nie, maar die roeping van 'n predikant. Arbeidsreg het ten doel om arbeidsregtelike aspekte van 'n persoon se lewe te reël, terwyl die reëlings van die Kerkorde van toepassing is op 'n predikant se hele lewe.
-
Johannine style : some initial remarks on the functional use of repetition in the Gospel according to John : research article
Author J. Van der WattSource: In die Skriflig 42, pp 75 –99 (2008)More LessSome of the ways in which John uses the stylistic feature of repetition in his Gospel are investigated. His repetitive use of the concept "eternal life" is first focused on, pointing out the stylistic changes that occur as the gospel narrative progresses. Then the way in which the word "eternal" is repetitively linked to the word "life" is explored, showing a consistent pattern throughout the Gospel. The selective use and development of the frequently used concept of "love" is then scrutinised in the first twelve chapters of the Gospel, followed by an investigation of the functional use of the concept "to follow" in this Gospel. Reasons for these repetitions are then explored.
Johannese styl : enkele inleidende opmerkings oor die funksionele gebruik van herhaling in die Evangelie volgens Johannes
Sommige van die maniere waarop Johannes herhaling as styl-figuur in sy Evangelie gebruik, word ondersoek. Ten eerste word gefokus op die herhaalde gebruik van "ewige lewe" in die Evangelie. Veranderinge ten opsigte van die gebruik van die konsep deur die loop van die ontwikkeling van die narratief word aangedui. Daarna word die konsekwente wyse waarop die term "ewig" herhaaldelik aan die term "lewe" verbind word, in fokus geplaas. Die selektiewe gebruik en die ontwikkeling van die woord "liefde", wat dikwels gebruik word, word in die eerste twaalf hoofstukke ondersoek. Dit word gevolg deur 'n ondersoek van die funksionele gebruik van die konsep van navolging in die Evangelie. Redes vir die herhaling word vervolgens behandel.
-
Interpretasie van die metafoor "saam met Christus gekruisig" (Gal. 2:15-21) : navorsingsartikel
Authors: J.P. Malan and J.J. Janse van RensburgSource: In die Skriflig 42, pp 101 –126 (2008)More LessInterpretation of the metaphor "being crucified with Christ" (Gal. 2:15-21)
This article attempts to interpret the metaphor Χριστω'- συνεσταυρωμαι ("I am being crucified with Christ") in Galatians 2:15-21 in a valid way, and to determine the meaning the metaphor has for the life of the believer. First of all it is determined what a metaphor is and then guidelines for the interpretation of a metaphor are given. These guidelines are then applied to the "being crucified with"-metaphor in Galatians 2:15-21. The conclusion is that the metaphor indicates that the believer has died with Christ. This public identification with Christ had the result that the new Christian was rejected by his / her former friends, family and society in general. It means to die off from that which the believer was used to. The result is that the law and sin no longer have any hold on the life of the believer. The outcome is that the centre for the believer is no more "I" but God.Hierdie artikel poog om die metafoor Χριστω'- συνεσταυρωμαι ("ek is saam met Christus gekruisig") in Galasiërs 2:15-21 geldig te interpreteer, en te bepaal watter betekenis die metafoor vir die lewe van die gelowige het. Eerstens word bepaal wat 'n metafoor is en daarna word riglyne vir die interpretasie van 'n metafoor gegee. Hierdie riglyne word op die "saamgekruisig"-metafoor in Galasiërs 2:15-21 toegepas. Die sterwe vind plaas wanneer 'n persoon tot geloof in Christus kom. Hierdie "sterwe" beteken om te sterf aan dit waaraan die gelowige gewoond was. Die gevolg hiervan is dat die wet en die sonde geen hou-vas meer op die gelowige het nie. Die gelowige lewe nie meer nie, maar Christus lewe in hom en deur hom. Die uiteinde is dat die middelpunt vir die gelowige nie meer "ek" is nie, maar God.
-
Guidelines for the application of the Theophostic Prayer Ministry : research article
Author J. SteynSource: In die Skriflig 42, pp 127 –144 (2008)More LessThe basic principle of the Theophostic Prayer Ministry (TPM) is to attempt to resolve clients' present conflict by finding healing for past wounds in prayer. The TPM model has a unique advantage over non-Christian models in that it pursues the healing of past wounds by means of binding the suffering back to God. "Koinonia" (the fellowship of believers), "communio" (a deeper sense of the involvement of God), "coram Deo" (the ever-presence of God), as well as "pneumatonomic synergy" (being in balance with the holy plan of God), are restored, launching a new life. The TPM relies on three types of memory : visual, emotional and physical memory. Freeing a person from his / her helpless state is to guide that person towards divine revelation. The outcome unfolds as a sincere and holy recovery in Christ.
Riglyne vir die gebruik van die Theophostic Prayer Ministry
Onderliggend aan die Theophostic Prayer Ministry (TPM) is 'n poging om die konflik wat kliënte tans ervaar op te los deur gebedsfokus op hulle seerkry van die verlede. Die betekenis-volle voordeel wat die TPM-model bo nie-Christelike modelle inhou, is die fokus op 'n heling van hierdie seer van die verlede deur menslike leiding terug te bind aan God. Die resultaat is die herstel van die volgende : "Koinonia" (gemeenskap van die gelowiges), "communio" ('n dieper verstaan en sinsbelewing van God se betrokkenheid), "coram Deo" (God se ewige teenwoordigheid) - 'n nuwe lewe word so gebore. Die TPM is aangewese op die visuele, emosionele en fisiese geheue. Om iemand uit 'n staat van hulpeloosheid te bevry, veronderstel die begeleiding tot 'n Goddelike teenwoordigheidsbesef. Die ontvouing van 'n egte heelwording in Christus vorm die uitkoms van hierdie proses.
-
Sketse van 'n pastoraat van narratiewe betrokkenheid in die Lukasevangelie met besondere klem op die Saggeusverhaal : navorsingsartikel
Authors: J.-A. Van den Berg and R. De WetSource: In die Skriflig 42, pp 145 –157 (2008)More LessImages of a pastorate of narrative engagement in the Gospel of Luke with special reference to the story of Zacchaeus
Important new developments have occurred during the last few decades within practical theology and in particular within pastoral theology. The article illustrates that narrative passages in Scripture can depict the meaning of these newer developments. Images portraying the spiritual life in the Gospel of Luke and in particular the story of Zacchaeus are explored under the headings : background to a pastoral engagement, an eco-hermeneutic approach in a pastorate of narrative engagement, a spiralling pastoral engagement, and stories that fit. The story of a narrative pastoral engagement unfolds in a circular model, integrating paradigmatic-, epistemological- and methodological matters. An eco-hermeneutical approach closely linked to a pastorate of narrative engagement is followed within the designated epistemology. Social constructionism is augmented to become co-constructionism, thus providing for the recognition of truth as revealed in Scripture. Exemplary of this is that in a life-changing metamorphosis, Zacchaeus' saturated dominant story is replaced by a liberating thickened alternative story.Belangrike nuwe ontwikkelings het die afgelope dekades binne die praktiese teologie en in besonder die pastorale teologie plaasgevind. Met die veronderstelling dat hierdie ontwikkelings ook deur die Woord ondersteun word, word die betekenis van 'n narratiewe pastorale betrokkenheid op 'n besondere wyse geïllustreer, aan die hand van die Evangelie van Lukas en in besonder die verhaal van Saggeus. Die betekenis daarvan vir die pastoraat word onder die volgende opskrifte ontgin : agter-grond tot pastorale betrokkenheid, die eko-hermeneutiese benadering in 'n pastoraat van narratiewe betrokkenheid, 'n spiralende pastorale betrokkenheid en verhale wat pas. In 'n hermeneutiese proses word paradigmatiese-, epistemologiese- en metodologiese oorwegings in 'n geïntegreerde sirkulêre model aan die orde gestel. Voortspruitend uit 'n eko-hermeneutiese ontwikkeling in die pastoraat word 'n epistemologie van narratiewe betrokkenheid gevolg. Deur ko-konstruksionisme as verdere aksent in die sosiale konstruksionisme te plaas, word die rol van die Skrif verder beskryf. In 'n voortdurende sirkulêre beweging tussen praktyk en teorie word teoretiese perspektiewe gekaats teen die verhaal van Saggeus.
-
Essays in public theology: collected essays 1, Dirk J. Smit : resensie
Author J.M. VorsterSource: In die Skriflig 42, pp 161 –163 (2008)More LessDirk J. Smit is hoogleraar in Dogmatiek en Etiek by die teologiese fakulteit in Stellenbosch. Hy is bekend vir sy jarelange navorsing op die gebied van publieke teologie en was instrumenteel in die oprigting van die Beyers Naude-sentrum vir publieke teologie aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy navorsingsresultate is op wye vlak nasionaal en internasionaal gepubliseer en die kenmerk daarvan is klem op die rol wat kerk en teologie kan speel in die ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse samelewing en die vestiging van 'n etos van menswaardigheid, diensvaardigheid en versoening in Suid-Afrika. Die boek van hom wat pas verskyn het, bevat 'n groot aantal van hierdie artikels waarvan sommige ook elders verskyn het.
-
Exploring new rhetorical approaches to Galatians, D.F. Tolmie (ed.) : resensie
Author G.J.C. JordaanSource: In die Skriflig 42, pp 164 –166 (2008)More LessHierdie boek is 'n bundel van sewe artikels wat in Maart 2006 tydens 'n internasionale konferensie by die Universiteit van die Vrystaat as voordragte oor retoriese analise van die Galasiërbrief gelewer is. Die konferensie, en ook hierdie publikasie wat daaruit voortgekom het, kan in 'n sekere sin beskou word as 'n dieptepeiling van die huidige stand van retoriese teksanalise in die teologie nadat Betz dertig jaar gelede met sy ontleding van die Galasiërteks die bal aan die rol gesit het.
-
Naar een nieuwe kerkenraad : een onderzoek naar de principiële uitgangspunten van een gereformeerde ambtsstructuur in de 21e eeuw, Miranda Renkema-Hoffman : resensie
Author A. le R. Du PlooySource: In die Skriflig 42, pp 166 –168 (2008)More LessHierdie publikasie is 'n verkorte weergawe van 'n doktorale skripsie vir die vak Kerkreg aan die Teologische Universiteit van Apeldoorn.
Die boek handel hoofsaaklik oor die amp in 'n Christelike kerk, en wil graag krities kyk en nuut dink oor die ampstruktuur asook oor die effektiewe funksionering van die ampte in die gereformeerde kerke, veral in die Christelijke Gereformeerde Kerk in Nederland.
-
Binne die kring-dans van die kuns : die betekenis van estetika vir die gereformeerde liturgie, Johan Cilliers : resensie
Author E.J. SmitSource: In die Skriflig 42, pp 168 –171 (2008)More LessHierdie boek, wat die resultaat is van drie maande navorsingsverlof wat Johan Cilliers by die Katolieke Universiteit Leuven (KUL) in België deurgebring het, kan aanbeveel word by elkeen wat ernstig is oor en belangstel in vernuwing en verdieping in die liturgie. Dit handel oor die rol van kuns, oftewel estetika, in die religieuse belewenis van die mens, in besonder soos dit in die (gereformeerde) liturgie uitgedruk word.
-
Unlocking the mystery of marriage : issues in premarital counselling, T.D. Mashau : resensie
Author S. Van der MerweSource: In die Skriflig 42, pp 171 –173 (2008)More LessHierdie boek behandel die Bybelse beginsels vir die huwelik en die voorregte wat getroudes geniet. Die boek fokus verder op die taak van die huweliksberader vir voorhuwelikse berading met toespitsing op die problematiek in die Afrikakonteks. Dit gee aan enige predikant al die sake wat hanteer moet word vanuit 'n Bybelse perspektief om die paartjie voor te berei vir die huwelik. Die boek sou met groot vrug in voorhuwelikse berading deurgewerk kan word. Die boek is egter op so 'n wyse geskryf dat dit ook deur enige voornemende paartjie op hulle eie gelees kan word. Mashau dui telkens die problematiek wat eie aan die Afrikakonteks is aan en gee die Bybelse antwoord daarop. Dit verhoog die waarde van die publikasie.
-
Homoseksualiteit : 'n Skrifgefundeerde perspektief, Jorrie Potgieter : resensie
Author J.J. Janse van RensburgSource: In die Skriflig 42, pp 174 –176 (2008)More LessHierdie publikasie van Jorrie Potgieter is tydig, te midde van die breë debat oor homoseksualiteit, veral binne die geledere van die NG-Kerk. Dit is duidelik dat Potgieter goed ingegrawe is op die onderwerp - iets wat te verwagte is, omdat sy 2006-proefskrif oor dieselfde onderwerp gehandel het : "'n Nuwe-Testamentiese studie in hermeneutiek : die homoseksualiteitsdebat in die Nederduitse Gereformeerde Kerk (1986-2004)". Hierdie boek is 'n geslaagde popularisering van sy akademiese werk.
-
Die perfekte storm : hoe die gelowige van vandag die wêreld van môre kan oorleef, Stephan Joubert (red.) : resensie
Author F.P. KrugerSource: In die Skriflig 42, pp 176 –178 (2008)More LessSedert 1994 is baie navorsing gedoen oor die rol van die kerk in 'n veranderende wêreld. In die onderskeie selfstandige studievelde in die teologie is navorsing gedoen oor hoe daar binne die kontoere van die studievelde met die werklikheid van verandering gehandel moet word. Intense debatte is ook gevoer oor die verskynsel van postmodernisme en hoe dit veral die hedendaagse siening van kerk-wees raak. 'n Boek waarin die skrywers egter vanuit die hoek van die breë spektrum van die studievelde van die teologie oor verandering handel, verskyn nie gereeld op die boekrak nie.
-
Liefde is die grootste : oor erotiek en seksualiteit, Cas Vos & D. Human (reds.) : resensie
Author P.H. BothaSource: In die Skriflig 42, pp 179 –180 (2008)More LessHierdie versameling neem die tema liefde onder bespreking. Liefde, nader beskryf as erotiek en seksualiteit, word bespreek vanuit die teologie, etiek, filosofie, letterkunde, poësie, regte en fisiologie. Die 27 outeurs bied 'n smorgasbord van objektiewe navorsingsresultate, eie opinies, subjektiewe interpretasies en standhoudende waarhede oor die liefde aan die leser - meer spesifiek erotiese liefde. Die veronderstelde leser word uitgedaag deur die versamelde werke om 'n eie opinie te vorm. Ongelukkig word 'n taamlike eensydige siening oor erotiek en seksualiteit aangebied wat eintlik die leser slegs laat met 'n konfrontasie tussen die eie oortuiging en die boek se oor-hoofse konsensus oor erotiek en seksualiteit.
-
Wie was Jesus regtig? Oor die historiese Jesus, Francois Wessels : resensie
Author F.P. ViljoenSource: In die Skriflig 42, pp 181 –182 (2008)More LessFrancois Wessels begeef hom met hierdie publikasie op die moeilike navorsingsterrein van die historiese Jesus - 'n akademiese vraag-stuk met talle tentakels. Op 'n simpatieke en deursigtige manier bespreek en evalueer hy hierdie navorsingsterrein in sy historiese en teologiese ontwikkeling. Die argumente word in 'n vorm aangebied wat akademiese en godsdienstige gesprekke oor die historiese Jesus stimuleer en wegstuur van ondeurdagte en emosionele uitsprake. Die publikasie is populêr-wetenskaplik - toeganklik ook vir die nie-teoloog, hoewel dit nie ligte leesstof is nie. Wessels bied 'n kompakte oorsig oor die ontstaan en ontwikkeling van die mees prominente benaderings oor die historiese Jesus.
-
Doodgewoon Christen, C.S. Lewis : fokusresensie
Author G.A. LotterSource: In die Skriflig 42, pp 183 –185 (2008)More LessMere Christianity van C.S. Lewis is aangewys as die beste godsdienstige publikasie van die vorige eeu. Dit is nou vir die eerste keer in Afrikaans vertaal deur Andries Cilliers as Doodgewoon Christen. As doktorale student in die VSA in 1983 het ek die eerste keer van die boek gehoor en was verstom hoe dit destyds daar gelees en onder evangeliese Christen in Amerika bespreek is.
-
As dood Lewe word, Helene De Kock : fokusresensie
Author J. SteynSource: In die Skriflig 42, pp 186 –187 (2008)More LessDie "Verhaal van die dood - maar veral van die Lewe" begin by die lewe van elke dag - 'n lewe wat voortgaan asof dit altyd dieselfde sal bly. Dan ruk alles tot stilstand deur die dood van Jaco de Kock. Die fases van die familie se narratief illustreer die tere liefdesband tussen ouers en kinders; die belewing van die doodstyding deur die ouers en familie; die proses tot en met die begrafnis; die begrafnis en die troos uit die Woord; die dae en maande wat volg in die rouproses; die worsteling met die God van lewe en Lewe; die groei van die ouers tot die belewing van 'n tyd waar "blydskap en hartseer susters geword het" en dan die goue uitkoms : 'n gesondword in Christus.
-
Die goeie nuus vir flentermense : oor God se verstommende genade, Brannin Manning : fokusresensie
Author S.J. WesselsSource: In die Skriflig 42, pp 187 –189 (2008)More LessOm hierdie mooi versorgde sagtebandboek in jou hand te neem, is alreeds 'n ervaring. Teen die blou agtergrond is 'n foto van die seuntjie wat herinner aan Oliver Twist, die uitgehongerde wesie met sy vuil gesiggie, die handjies erbarmlik om 'n leë bakkie gevorm, smekend vir nog iets om te eet. Die bakhandfiguurtjie van 'n magtelose mensie is sprekend van die inhoud van die hele boek.