1887

n In die Skriflig - 'n Teksgesentreerde retoriese analise van 1 Korintiërs 4

Volume 45, Issue 2_3
  • ISSN : 1018-6441
  • E-ISSN: 2305-0853

Abstract

Die tradisionele benadering tot die retoriese analise van Paulus se briewe is die gebruikmaking van kategorieë, ontleen aan die Grieks-Romeinse retoriese sisteem, om sin van sy oorredingstrategie te maak. Die probleem met die benadering is dat hierdie kategorieë vir die maak van toesprake bedoel was en nie vir die analise van briewe nie. Ten einde die probleem te hanteer, het geleerdes alternatiewe benaderings tot die analise van Paulus se briewe ontwikkel, waaronder die sogenaamde teksgesentreerde benadering.


Met die analisering van 1 Korintiërs 4 deur 'n teksgesentreerde benadering, beoog ek om addisionele bewyse te bied dat dit onnodig is om antieke retoriese kategorieë van buite op die hoofstuk af te dwing ten einde sin te maak van Paulus se retoriese strategie. Dit kan betreklik akkuraat uit die teks self gerekonstrueer word, mits die hoofstuk sistematies en deeglik bestudeer word.


The traditional approach in rhetorical analyses of Paul's letters is to apply categories derived from the Greek-Roman rhetorical system to make sense of his persuasive strategy. The problem with this approach is that the categories were intended for the production of speeches and not for the analysis of letters. In order to address the problem, scholars have developed alternative approaches to the analysis of his letters - one of them is the so-called text-centred approach.
By analysing 1 Corinthians 4 through a text-centred approach, I intend to provide additional evidence that it is unnecessary to force ancient rhetorical categories (from outside) on the chapter to make sense of Paul's persuasive strategy. It can be reconstructed fairly accurately from the text itself, provided that the chapter is studied carefully and systematically.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/skrif/45/2_3/EJC108568
2011-06-01
2019-09-22

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error