1887

n Stads- en Streeksbeplanning = Town and Regional Planning - Planning in the face of silence : a phronetic study of the restructuring of the planning function in the City of Tshwane Metropolitan Municipality.

Volume 2006, Issue 50
  • ISSN : 1012-280X

Abstract

The article provides an overview of the transformation of the planning function of the City of Tshwane Metropolitan Municipality (CTMM) read against the study by Flyvbjerg (1998) of the Aalborg Project. It focuses specifically on the human experience of the transformation process and the influence that power relations had on the outcome thereof. The study is historically situated within the broader context of the restructuring of local government in South Africa following the advent of a democratic dispensation in 1994. Theoretically it is dealt with both from the perspective of organisational theory and that of contemporary planning theory. The analysis shows that the CTMM is still a strongly managerialist environment where power is vested in the organisational hierarchy. It furthermore shows that democratic ideals are yet to precipitate in the day-to-day operational activities of the municipality. The lack of regard for people is highlighted as a serious flaw in the transformation process. The role of communication as a powerful tool in exercising power is confirmed. More significantly, however, it is found that failure to communicate can be used effectively by those in power to silence the objections of the weaker party in an unequal power relationship.


Die artikel gee 'n oorsig van die transformasie van die beplanningsfunksie van die Stad Tshwane Metropolitaanse Munisipaliteit (STMM) gelees teen die agtergrond van Flyvbjerg (1998) se studie van die Aalborgprojek. Dit fokus spesifiek op die menslike ervaring van die transformasieproses en die invloed wat magsverhoudings op die uitkoms daarvan gehad het. Die studie is histories binne die breër konteks van die herstrukturering van plaaslike bestuur in Suid-Afrika na die aanbreek van 'n demokratiese bestel in 1994 geleë. Teoreties word dit vanuit die perspektief van sowel die organisasieteorie as kontemporêre beplanningsteorie beskou. Die analise toon dat die STMM steeds 'n sterk bestuursmatige omgewing is, waar mag in die hiërargiese struktuur van die organisasie gesetel is. Dit toon verder dat demokratiese ideale nog nie in die daaglikse aktiwiteite van die munisipaliteit neerslag gevind het nie. Die gebrek aan konsiderasie vir mense word as 'n ernstige tekortkoming in die transformasieproses uitgewys. Die rol van kommunikasie as 'n kragtige instrument in die uitoefening van mag word bevestig. Van meer belang, egter, word gevind dat die versuim om te kommunikeer effektief deur diegene in 'n magsposisie gebruik kan word om die besware van die swakker party in 'n oneweredige magsverhouding die swye op te lê.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/sm_town/2006/50/EJC108663
2006-11-01
2019-09-16

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error