1887

n Journal for Christian Scholarship = Tydskrif vir Christelike Wetenskap - H.G. Stoker se gedagtes oor die gemeenskapsuniversiteit

Volume 51, Issue 3
  • ISSN : 1013-1116

Abstract

Die oorspesialisering binne universiteite het die taak van 'n universiteit verander. Die artikel toon aan dat talle universiteite nie meer bekend kan staan as universiteite nie, maar eintlik multiversiteite genoem moet word. Die term multiversiteite verwys na opleidingsinstellings wat nie onderrig vanuit 'n eenheidsbeginsel (uni) nie, maar onderrig vanuit 'n veelheidsbeginsel (multi), wat multi-etosse en multi-benaderings het. 'n Eenheidsbeginsel is 'n opleiding wat een doel en een identiteit nastreef byvoorbeeld 'n Christelike universiteit. Die beoefening van Christelike wetenskap is nie moontlik binne 'n multiversiteit nie en net so kan 'n multiversiteit ook nie in diens staan van 'n bepaalde gemeenskap nie. Dit veroorsaak by sommige Christelike akademici die noodsaak om weer te vra wat die taak van die universiteit is, anders as die taak van 'n multiversiteit. Professor H.G. Stoker het in sy lang akademiese loopbaan 'n helder idee ontwikkel oor die taak van 'n universiteit. Stoker lig veral twee take van die universiteit uit: Dat die universiteit vanuit 'n eenheidsbeginsel moet onderrig en dat die universiteit in diens moet staan van 'n bepaalde gemeenskap. Die huidige krisis van die universiteitswese is 'n krisis wat Stoker al in 1969 in sy boek Beginsels en Metodes in die Wetenskap aangeraak het en Stoker bied 'n goeie raamwerk aan huidige Christelike akademici om die taak van die universiteit in die 21ste eeu te bedink.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/tcwet/51/3/EJC184060
2015-01-01
2020-01-18

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error