Slaves, Khoikhoi and the genesis of Afrikaans : the development of a historiography, c. 1890s-1990s
Abstract
Contrary to popular opinion, the recent interest in the role of slaves and Khoikhoi in the genesis of Afrikaans is not merely a reaction to current political realities. Instead, Afrikaans historical linguistics originated at the turn of the 20th century in the very debate about the contribution of slaves and Khoikhoi to the development of Afrikaans. This article traces this history, and demonstrates that considerations of the role of slaves and Khoikhoi in the history of Afrikaans have formed a golden thread in debates about the origins of the language throughout the 20th century until the end of apartheid in 1994. The aims of this article are twofold: to trace how various of the most influential Afrikaans linguists have viewed the role of slaves and Khoikhoi in the genesis of Afrikaans, on the one side; and to investigate how and to what extent they have used external history (as opposed to the internal development of the language) in the construction of their theories, on the other side. The article demonstrates how increasingly Afrikaans linguists have come to realise how and to what an extent history determines the parameters within which linguistic proposals should be sought in the development of Afrikaans. In teenstelling met die algemene opvatting dat die onlangse belangstelling in die rol van slawe en Khoikhoi in die ontstaan van Afrikaans die gevolg is van die huidige politieke realiteit, argumenteer hierdie artikel dat dit nie die geval is nie. Inteendeel, die Afrikaanse historiese taalkunde het sy ontstaan te danke aan die debat oor die bydrae van slawe en Khoikhoi aan die ontwikkeling van Afrikaans in die vroeg 20ste eeu. Hierdie artikel gaan dié geskiedenis na, en toon aan dat oorwegings oor die rol van slawe en Khoikhoi in die geskiedenis van Afrikaans ‘n goue draad was in debatte oor die oorsprong van die taal dwarsdeur die 20ste eeu tot aan die einde van apartheid in 1994. Die doel van hierdie artikel is tweevoudig: enersyds, om na te gaan hoe die belangrikste Afrikaanse taalkundiges die rol van slawe en Khoikhoi in die onstaan van Afrikaans beskou het; en, andersyds, om vas te stel hoe en tot watter mate hulle gebruik gemaak het van eksterne geskiedenis (in teenstelling tot die interne ontwikkeling van die taal) in die ontwikkeling van hul teorieë. Hierdie artikel toon aan in hoe ‘n mate Afrikaanse taalkundiges toenemend besef het hoe, en tot watter mate, geskiedenis die grense waarbinne taalkundige voorstelle oor die ontwikkeling van Afrikaans gemaak kan word, kan bepaal.